TAALVERSKUIWING

 

Daar is net twee maniere hoe mens oor die langer duur `n kleiner taal se voortbestaan op onderwysvlak kan verseker. Die een is deur streng reels en die ander is deur die doelbewuste kweek van `n identeit rondom taal en gemeenskap. Dit is juis lg wat nie deur `n dubbel- of parallelmediumskool gedoen kan word nie.  `n Skool soos Grey, Bloemfontein gebruik wel streng reels maar dit hang baie van die hoof af.

Ek sluit iets in van `n artikel wat ek onlangs gepubliseer het.

Groete

Hermann

  

TAALVERSKUIWING:       VERGELYKENDE PERSPEKTIEWE 

Oor die medium tot lang termyn word die oorlewing van `n taal deur faktore bepaal wat diep onder die oppervlakte lę.  Nicolas Ostler (2005) beklemtoon in sy Empires of the World: A Language History of the World dat langdurige politieke beheer en die besit van ekonomiese mag nie die voortbestaan van `n taal verseker nie. Hy haal die geval aan van die Manchus wat China in 1644 verower het en tot 1911 regeer het.  Binne twee of drie generasies na hul magsverlies het hul taal, Manchu, feitlik uitgesterf. Vir Ostler is die krities belangrike faktor die prestige van `n taal op gebied van godsdiens, internasionale diplomasie of kultuur. 

            Chrystal (2000: 68-90) ) beklemtoon dat taalsterfte aan `n verskeidenheid van faktore toegeskryf kan word. Hy beklemtoon die faktor van politieke dominasie.  Taal word dikwels die simbool van die nuwe nasie wat aan bewind is. In die keuse van `n  ampstaal of lingua franca is dit gewoonlik die politieke elite se belange wat deurslaggewend is.  Dit is goed bekend dat in Afrika die koloniale taal gekies is ten einde etniese verskille te oorkom.  David Laitin (1992) beklemtoon `n ander faktor wat nog redelik onbekend in Suid-Afrika is . Hy toon aan dat die swart middestand in Afrika die taal van die voormalige koloniale heersers kies omdat dit aan hulle en hul kinders beter kans gee om die soort werk te kry wat toegang tot die middestand verleen,  al werk hierdie keuse teen die armes se belange. Gewoonlik brandmerk die elite die tale wat die armes praat as struikelblokke vir vooruitgang en ontwikkeling.

            Węreldwyd is die tendens dat die kleiner taal onder ernstige druk kom waar dit in `n skool of universiteit saam met `n węreldtaal gebruik word onder ‘n beleid van parallel-of dubbelmedium-onderrig.  Soms word die opmerking gemaak dat Afrikaans voor 1994 min skade het in bekende skole soos Grey Kollege in Bloemfontein en Paul Roos Gimnasium op Stellenbosch min skade gely het waar dit saam met Engels in parallelmedium-onderrig gebruik is. Die belangrike verskil is egter dat Afrikaans voor 1994 nog sterk as openbare taal gestaan het en gerugsteun is deur wetgewing wat deur `n simpatieke regering toegepas is. Parallel-en dubbelmedium-onderrig raak veral gevaarlik waar die regering versuim het om taalwetgewing deur te voer en waar daar by die rektor of prinsipaal van `n instelling geen wil bestaan om die kleiner taal te beskerm nie.

Met verwysing na taalverskuiwing in België, Kanada en die Sowjet-Unie word die volgende waarskuwing gerig deur Laponce (1987:170).   

A bi-lingual school and university system generally has only the appearance of equality.  Even when it is balanced at the level of courses it is in fact unbalanced in favour of the dominant language, which dominates the environment outside the school. Bilingualism in education is thus generally a bilingualism of transition, which in the long run facilitates linguistic assimilation…    

Hoe kan die minderheid hul taal verdedig?

 

In David and Maya Bradley se Language Endangerment and Language Maintenance maak Wurm  (2002:15) die volgende gevolgtrekking: “One of the most important factors for the maintenance and reinvigoration of a threatened language is the attitude of speakers towards their own language and the importance they attach to it as a major symbol of their identity.” As die lede van `n klein taalgemeenskap vrywillig en toenemend `n dominante of "prestige” taal  by voorkeur gebruik en hierdie gedrag aan hul kinders oordra, is die agteruitgang van die taal onomkeerbaar. Volgens Dixon (1997) is dit die kinders wat die keuse maak.  Waar twee tale in `n streek gepraat word, neig hulle om die lingua franca  bo hul tradisionele taal te kies.

Hermann Giliomee

Medewerkers

 


Webmeester